App van die week – Die Burger – 24 September 2016

Friendly Math Monsters for Kindergarten, die slimfoontoepassing met die langste naam wat nog in die rubriek bespreek is, het onlangs die prys gewen as MTN Business se beste slimfoonapp in die kategorie vir best mobiele speletjie. Dit is ontwikkel deur Smart Gecko Software Development en uit die naam lei ‘m mens as dit is meer as bloot ‘n speletjie om ‘n peuter besig te hou.

Dit is werklikheid ‘n prettige en uitdagende manier om kinders van ses en jonger vroeë wiskunde-vaardighede aan te leer.

Dit help kinders van een tot 15 te tel, om syfers van groot tot klein en andersom te rangskik en om patrone, verskille en ooreenkomste raak te sien. Basiese optel- en aftreksomme word geleer. Wanneer die app vir die eerste keer oopgemaak word, is daar 30 tot 40 verskillende monstertjies wat oor die skerm rondhardloop wat kinders se aandag hou, en hulle moet die monsters volgens hul kleure rangskik. Namate hulle daarmee suksesvol is, skuif hulle aan na die volgende vlak en die volgende wiskunde-vaardigheid wat hule moet bemeester.

Vir die doel van die ouer word die akkuraatheid van die antwoorde volgens persentasie en tydsduur aangedui. ‘n Ouer kan dit aan die kind verduidelik en dit as ‘n motiveerder benut.

Syfer Monsters In Afrikaans

Is jy opsoek na die perfekte toepassing om vir jou kind die basiese beginsels van wiskunde te leer?

apple-appstore

Friendly Math Monsters For Kindergarten

Children engage with this app as soon as it is opened: bright colours, attention grabbing sounds and monsters running all over the screen.

apple-appstore

No Comments

Enroll Your Words

To Top